Die GNU General Public License is 'n Vrye Sagteware-lisensie. Soos enige ander Vrye Sagteware-lisensie gee dit u die volgende vryhede:
- Die vryheid om die program vir enige doel te laat loop.
- Die vryheid om vas te stel hoe die program werk en dit by u behoeftes aan te pas.
- Die vryheid om kopieë verder te versprei sodat u u medemens kan help.
- Die vryheid om die program te verbeter en om u verbeteringe aan die publiek beskikbaar te stel sodat die hele gemeenskap bevoordeel word.
- U moet op elke kopie wat versprei word, opsigtelik en gepas, 'n geskikte kopieregkennisgewing en vrywaring van waarborg publiseer, en alle kennisgewings wat verwys na hierdie Lisensie en na die afwesigheid van 'n waarborg ongeskonde behou; en u moet vir enige ander ontvangers van die Program 'n kopie saam met die Program gee van die GNU General Public License. Enige vertaling van die GNU General Public License moet gepaard gaan met die GNU General Public License.
- As u u kopie of kopieë van die program, of gedeelte daarvan, modifiseer, of 'n program ontwikkel wat daarop gebaseer is, kan u die werk wat só tot stand kom, versprei, mits u dit doen ingevolge GNU General Public License. Enige vertaling van die GNU General Public License moet gepaard gaan met die GNU General Public License.
- Indien u die program kopieer of versprei, moet dit gepaard gaan met die volledige bypassende masjienleesbare bronkode.
<%=[ccommons::istr $lang deed.permission]%>