Creative Commons License Deed
Sampling Plus 1.0
U is vry:
Om monsters van hierdie werk te neem, dit te vermeng, of dit andersins vernuwend te herskep vir kommersiële of niekommersiële doeleindes.
Om hierdie hele werk uit te voer, te vertoon, en kopieë daarvan te versprei vir niekommersiële doeleindes (bv. om lêers met ander te deel of niekommersiële webuitsending).
Ingevolge die volgende bepalings:
- U moet erkenning verleen vir die werk op die manier wat deur die outeur of lisensiegewer gespesifiseer word.
- U mag nie die werk gebruik om enigiets te adverteer of te bevorder behalwe die werk wat u daaruit geskep het nie.
Vir enige hergebruik of verspreiding moet u dit aan ander duidelik maak wat die lisensiebepalings van die werk is.